Op Klimaatdag, 24 Oktober, het Stellenbosch ‘n gans nuwe ding beleef … ‘n Groen mars met krete van ‘climate change aint cool’ het entoesiasties op die Saterdagmiddag deur die historiese dorp geslang.
Heel voor drie perde met die nommer 350 op die boud geverf, gery deur drie jong vroue in groen. Gevolg deur twee tienjariges meisies van die Waldorfskool, met ‘save the cats’ op die arms geverf. Daarnaas ‘n paar honderd groengeverfde studente onder leiding van die Eko Maties, wat gesorg het dat hierdie dorp aangesluit het by ‘n wêredwye inisitatief deur 350.org van stapel gestuur. Daar was ook ‘n sprinkeling van ouer garde, asook twee alsation-honde met groen serpies aan en ‘n groepie van die Mondeor Ekoskool in Gordonsbaai.
Almal vuur en vlam om die dorp ‘n bietjie wakker te skud oor die gevaar van klimaatverandering. Ooglopend afwesig was ongelukkig die hele stadsraad, wat almal persoonlik uitgenooi was, so ook munisipale amptenare. Die meeste skole was ook nie verteenwoordig nie, alhoewel hulle ook almal uitgenooi was. Ek wonder of solidariteit ‘n konsep is wat moeilik in bevoorregte kringe gesnap word? Mens sou tog verwag dat politici bekommerd sal wees oor ten minste die sosiale impak van klimaatsverandering?
Maksimum konsentrasie is 350
Hierdie spesiale klimaat-aksiedag was die grootste omgewingsinisiatief ooit in die geskiedenis. Meer as 5000 spesiale aksies is in 181 lande uitgevoer en op die 350.org webbladsy geregistreer. 350.org beoog om die publiek wêreldwyd, maar veral ook politici, bewus te maak daarvan dat 350 deeltjies CO2 per miljoen in die atmosfeer die maksimum konsentrasie is wat lewe soos ons dit ken op die aarde kan ondersteun. Dis nou ter voorbereiding van vandeesmaand se klimaatkonferensie in Copenhagen.
Op die Braak aangekom het almal gaan sit in ‘n groot 350 formasie, terwyl dit alles verfilm is vanaf bo-op ‘n lorrie. Beeldmatriaal van dwarsoor die planeet is aangestuur en vertoon is op ‘n massiewe skerm in Times Square in New York. Sien ons Stellenbosch clip hier. Die volgende week is dit ook afgewer by die Verenigde Nasies. Sedertdien is foto-albums van die 350 inisiatiewe oorhanding aan die Minister van Water en Omgewingsake, Buyelwa Sonjica, die Speaker van die Parlement, Max Sisulu en die Suid Afrikaanse span klimaatonderhandelaars wat Copenhagen toe gaan.
By Elma Pollard
Leave a Reply or Follow