Koolstofvrye hernubare energie maak net 12% van die energie uit wat wêreldwyd verbruik word, aldus die burgerregte-organisasie AfriForum op Aardedag.
Fossielbrandstof word steeds gebruik vir 80% van die wêreld se energie en genereer 30 miljard metrieke ton se koolstofbesoedeling elke jaar. Bekende en toeganklike fossielbrandstofreserwes het in 2012 reeds meer as vyf keer meer brandstof opgelewer as wat gebrand kan word sonder om aardverwarming met meer as 2 grade Celsius op te dwing. Dit bewys dat ons nie meer fossielbrandstof kan gebruik nie.
Die Alliansie doen ʼn beroep op belangegroepe en veral die publiek om aan te dring op beleid en optrede om energieontwikkeling in Suid-Afrika aan te moedig en die afhanklikheid van fossielbrandstof te verminder.
“ʼn Enorme geleentheid vir welvaartskepping in Suid-Afrika”

Jonathan Deal
Ondersteun die inisiatief om energiebeleid aan te pas deur die SMS-petisie te onderteken. SMS jou naam en “energie” na 45344. R1/SMS
In Maart vanjaar het Brittanje se Buitengewone Adviseur oor Klimaatsverandering, Sir David King, gesê hernubare energie is ʼn enorme geleentheid vir welvaartskepping in Suid-Afrika.

Sir David King
“Indien ons die rampspoedige gevolge van klimaatsverandering wil vermy, kan ons nie van fossielbrandstof afhanklik bly nie en ons leiers weet dit. Dit is tyd dat plaaslike en die nasionale regering die mark oopstel vir privaat maatskappye om by te dra tot hernubare energie deur die beleid aan te pas,” het Julius Kleynhans, AfriForum se hoof van omgewingsake, gesê.
Politiese wil ontbreek vir hernubare tegnologie
Dit blyk dat die politiese wil om verder as 7 Mei te dink, ontbreek,” het Kleynhans gesê. Hernubare tegnologie is modulêr en kan maklik vir residensiële, kleinsake- en ligtenywerheidsvlakke ontplooi word, wat werk sal skep en die aanvraag na krag sal verminder.
Treasure the Karoo Action Group (TKAG) se uitvoerende hoof, Jonathan Deal, het gesê dat die afhanklikheid van fossielbrandstof verlig moet word deur so gou moontlik hernubare energie te begin gebruik. “Ons verbruik van fossielbrandstof moet verminder en dit moet slegs aangewend word vir noodsaaklike dienste soos skeepvrag, lugvervoer en bepaalde nywerhede.

Julius Kleynhans
“Die Nasionale Ontwikkelingsplan moet hersien word wat die energiebeleid vir Suid-Afrika betref. Onlangs is slegs 1,5 GW deur die Geïntegreerde Hulpbronplan op tender aangebied – hoewel die aanbod vier keer meer was. Dit is tyd dat die regering optree. Ons moet uitdagende standaarde stel vir hernubare-energieportefeuljes – en daarby hou. Hierdie ondeurdagte stormloop vir skaliegas, ondanks internasionale verslae wat baie negatief was oor skaliegasekonomieë en uitlaatgasse, is ʼn doodloopstraat, veral vir toekomstige geslagte.
Planeet steier onder menslike aanvraag en besoedeling
“Die debat oor klimaatsverandering behoort eintlik nie ʼn debat te wees nie – dit is ʼn feit dat hierdie planeet steier onder menslike aanvraag en besoedeling. Die tyd vir mooipraat is lankal verby. Ons sal moet sien wat die publiek kan doen om daarop aan te dring dat hulle verteenwoordigers in regerings dwarsoor die wêreld daarop fokus om die mense te dien wat hulle verkies het eerder as diegene wat hulle betaal.”
Leave a Reply or Follow