Dit reën steeds dat die byle huil sowat 45 grade suidwes van ons, net-net buite bereik van die Atlantiese hoogdruk, wat vir bietjie klammigheid wag om na ons dorstige Swartland en die Wes-Kaap te versprei.
Ons kan vorentoe baie wolke verwag en as die Indiese hoogdruk dit regkry om van die vog wat in sy rigting beweeg, vir die Atlantiese hoogdruk terug te druk , kan ons selfs môrenag tot Sondagmiddag laat ligte neerslae oor die Overberg verwag. Dit kan tot 14 mm wees en sal die damvlakke bietjie aanhelp.
Woelige see baaiers loop lig
Die maan gaan vandag sy eerste kwartier binne. Ons kan dus vcrwag dat die see woelig sal wees. Gelukkig stoot die water land toe, maar baaiers moet lig loop vir taanlike hoë deinings wat met die draai van die gety sterk terug trek en mens kan saamsleep as jy nie grond onder jou voete het nie.
Bo ons koppe het die knaende suidewind wat sedert Dinsdag die wolke duskant die land uitmekaar waai, oor die berge sy moses teengekom en ons sien die pragtige wolke wat soos vlieende pierings lyk en mense op hol het. Hulle dui op ‘n tuimeling in die bolug en word nie deur konveksie nie maar adveksie uit die koue see gevorm en so opmekaar gestapel.
Interessante pieringwolke voor groot waters
Dié soort wolke is dikwels voor groot reëns in die lug en in 1969 ook voor die aardskuddings gesien.
In die Boland en Weskus maak hierdie soort wolke, bekend as humilis statusse soms ‘n pragtige ring soos ‘n motor se binneband laag op die grond. Effens songekleur is dit ‘n pragtige gesig.
Die mooi wolke wyk en die bietjie reëns teen Maandag ook, wanneer die bolug opnuut begin tuimel. Die noordwestewind kry Donderdag die oorhand en ons kry teen Vrydag die 20 ste weer ‘n paar millimeter reëns.
Komeetswerm in die sterrehemel - pasop vir loslopers
Al die tekens is daar dat die magnetiese spektrum mooi stabiliseer, maar lesers wat sterrekyk , weet dat daar nou ‘n komeetswerm in die sterrehemel is en nie te ver van ons sonstelsel af verby beweeg. ‘n Enkele losloper sal soos ons pas oor die Ooskaap gesien het, dalk grond toe kom. Die verskynsel kan selfs toegeskryf word aan ‘n stukkie van ‘n ruimtetuig, soos ons enkele jare gelede digby Durbanville gesien het toe ‘n watertenk byna ‘n boer se beeste getref het.
Weerhaan is die trotse eienaar van ‘n skroef wat tydens ‘n hengeluitstappie net ‘n paar meter van hom af geval het. En nee, dit is beslis nie te koop nie.
Leave a Reply or Follow