Water shortage? How to use what you have and thrive. List as many benefits as possible to this home-made system and stand a chance to win one floating island, worth R1200. PS the floating islands are vegetated with edible plants. Food. Make your list in the comment space below this story. Entries close 31 October.
Helen Vasic says
Het nou op RSG na Elma geluister met ‘n halwe oor. Dit klink fantasties, maar ek moet erken ek was nog nooit ‘n dam swemmer nie en donker water maak my vreeslik benoud. Met die alge en goed wat daarin groei, is dit veilig vir kinders wat tog maar water sluk as hulle swem? Ek is vreeslik bekommer oor ons water toestand in ons land. Soveel mense wat water betaal en ook die wat nie water betaal vat dit nie ernstig op nie…
Danie Krige says
Supper idea for a swimming pool. I am already catching rain water into 10kl tanks and plan grey water soon from the washing mashine to feed the tiolets. Would like to get some general hints around the swimming pool as discussed on the radio (RSG) this morning.
Hallo Helen, lekker dat jy geluister het. Hierdie water is gesond! Onthou ‘n soutwaterswembad loop met ‘n chlorinator wat die sout ook omsit in chloor, wat ons inasem veral, en dit word ook deur die vel ingeneem. Groot probleem in ons storte, want heelwat chloor in munisipale water ook. Ek het al heelwat daaroor geskryf. Soek bietjie op my webblad - sit net pool in die search spasie en daar kom hulle almal op. Met ook die illustrasie van ons eerste eiland gebou 3 jaar gelede. Die vissies eet die alge, so die water is heerlik skoon. Hou moed en dink buite die ou boksies - hulle werk al lankal nie meer nie. Jy kan eilande ook hier bestel en ek help graag.
hi Danie - dankie vir die luister. What specifically would you like to know? Please use the search button, insert the word pool and see all the other stories we’ve done in this line. How to start? I can help you. You can order some islands here and I will support you.
Walter says
Fantastiese idee, maar gaan daar nie eindelik wel ‘n behoorlike filtrasie sisteem nodig wees nie? Ek sien Helen hierbo het dieselfde kommer. Wat van slyk, Bilharzia, water bakterie en muskiete? Die visse eet alge, maar wat word van hul uitskeisel? Mens gaan dit insluk wanneer jy swem.
Ek het ons badwater pype na ‘n groente tuin afgelei en dit werk. Maar ons swembad in ‘n visdam omskep…ek weet darem nie. Die solar swembad pomp is dalk iets wat jul moet oorweeg om saam met die drywende eiland in te span.
Ten spyte van my kommer, dink ek tog jul het iets beet. Moet asb nie ophou met navorsing nie.
Henry says
Fantasties! Waar begin n mens? Kan ek die eilandjies self maak of is dit jou “handelsgeheim”? Watter waterplante om te gebruik?
hi Henry - jy kan self maak, of by ons bestel. Daar is ‘n video wat ons gemaak het met die eerste probeerslag 3 jaar gelede op my webblad. Nou, na 50 eilande, het ons al baie geleer en is natuurlik baie beter. Skryf aan my by writers@thegreentimes.co.za of probeer die kompetisie?
hi Walter. Na 3 jaar weet ek dit werk:) Die vissies eet die alge en die muskiete en enige goeters wat op die water land. Die water is heerlik helder en ons swem heel somer - oorleef trouens op die manier. Vissies se uitskeidsel is die plante se kos, so hulle neem dit op. Die plante se wortels is die filtrasiesisteem. As jy jou eiland beplant met waterplante - soos ek met my eerste een gedoen het, wat nou in my vleiland opgeneem is - dan het jy ‘n massiewe massa wortels wat mettertyd tot op die bodem strek. As die piepklein pompie op solar kan loop sal dit cool wees. Het netnie die fondse daarvoor nie. Het selfs ‘n windpomp oorweeg, maar ons kry omtrent niks wind hier nie. Dus kook ons hoor! Dankie vir jou mooi woorde. Gryswater na kostuin is baie cool. Die moet ek nog gedoen kry…
Gert Barnard says
Elna vanoggend na jou geluister en jy verdien ‘n Nobel prys girl!! Sodra ek en vroulief ons huisie bou is die idee van jou heelbo aan ons lysie. Ons is eko vriendelike mense en hou van organies. Ek dink die talapia vis in die swembad is ‘n blink idee want dit is natuurlike brein kos sommer so vars uit jou eie swembad. Die afkoel in die swembad op warm sonnige dae klink heel aanloklik. Baie sterkte met jou inoferende idee en wat jy ookal nog beplan om nog meer uit die projek te kry. I love it love it 🙂
Dankie Gert!! Ons eet reeds so lekker uit die tuin. Groente, eiers van my hoenders, maak uitstekende coq au vin met my haantjies oor die groot dae. (Ook om my bure te please.) Moet nou net daai tilapia bysit, dan is ons amper selfstandig. Sou graag koei wou inneem vir suiwelprodukte, maar die sal moet wag. Nogtans glo ek niks is onmoontlik nie. Ons oorleef op hierdie swembad hoor! Werk in nat baaibroeke. Spaar ons waaiers en sulke goeters wat fossielbrandstof gebruik en CO2 afgee. Kom kyk gerus.
Rinie says
Hi Elma.
Ek het ook vanoggend RSG geluister en is baie opgewonde. Ek gaan eertse met my water- fokuspunt/visdam begin om die drywende eiland te probeer. Ongelukkig kry my visdam baie min direkte sonlig en kon waterlelies nog nooit oorleef nie . Watter plante sal jy aanbeveel om te gebruik? Daar is goudvisse in die dammetjie.
Groete
Rinie
one2onecoaching says
Hi Elna, hierdie is presies wat ek gevisualiseer het maar geen idee gehad het hoe om realiteit te maak nie!! Kan mens dit in enige swembad doen? Ons het n blou veselglas swembad met n sout chlorineerder. En ek wil dit in iets “groen” omskep om my kleindogter te leer van bewaring en selfvoorsiening. Kan ek asb een van jou eilande wen?? ??
Soenet Van Heerden says
1. Spar water
2. Self onderhoudend deur vis en Groete te producer,
3. Water word minder absorber
4. Skakel skadelike chemikalie uit
5. Lok voels en insekte soos skoenlappers en bye.
6. Koel die omgewing af.
7. Bespaar kostes van swembad onderhoud.
8. Groete tuin, vis Boerdery en ontspanning in 1 spasie, so do ended kan dit in Baie klein erwe gedoen word.
Anene Knoesen says
Goeie dag Elma.
Jy klink so positief en opgewonde oor jou projekte… ek is ook.
Die Karoo wemel van insekte en goggas in die somer en sal uitstekende voedsel vir die visse en voels, wat deur die watereiland gelok word, wees en ons sal rustiger kan slaap - muskiete. Die eetbare plante op die watereiland sal ook ‘n “groentejie” vir my plaashoenders wees. Manlief sal tuis kan “hengel” om sy geliefde tilapia te vang en self voor te berei. Ons kry meer as genoeg sonlig om ‘n klein sonpaneel vir ‘n klein swembadpompie te gebruik. Die kleinkinders sal die visse en aangelokte insekte en voels baie interessant en leersaam vind en ouma kan saam met hul afkoel in die skoon “groen” swembad.
Doet so voort!
Anene Knoesen
Dankie Anene - baie mooi storie. Veral met ouma daarby:) Ek is weer dankbaar dat my hoenders NIE die kos op my eieland in die hande kan kry nie. Een van hulle het juis afgelope naweek, terwyl ek weg was, uit die kampie ontsnap en AL my saailinge opgevreet. Die huissitter het gedink dis cute om ‘n loshoender te verwelkom. Lekker om van jou te hoor. Doe jy ook groen voort.
Evette Wasserman says
Hi Elma, ek was sooo opgewonde toe ek die onderhoud vanoggend hoor! Ek is al lank op soek na ‘n oplossing vir ‘n ongebruikte swembad wat niemand gebruik nie en net geld kos. Ek sal na die ander eilande kyk wat julle al gebou het en sien of iemand plaaslik my kan help. So-nie sal ek jou kontak.Wonderlike idee!
Groete
Evette
Dankie Soenet - baie goeie punte genoem. Een van die dae sal hulle welig staan. Gaan more nog plantjies tussen-in sit sodat hy lekker vinnig vol sal wees. Jy het beslis mooi geluister en nagedink.
Hallo .. is dit Elze? Enige swembad ja. Myne was ook ‘n soutwaterbad. So maklik. Skakel summier die chlorineerder af en die chloor verdamp oor ‘n week of twee. Nou is jy gereed vir jou eiland. Bou ene self, of bestel by ons, of dalkies wen jy nog ietsie:)
hi Rinie, dit werk soos ‘n bom op ‘n visdammetjie of trouens enige dam. Oor die regte plante vir jou sal ek bietjie kersopsteek by die waterplant ekspert wat my help. My lelies blom baie mooi op die swembadtrappies. (Foto was te vroeg in die dag geneem vanoggend, die dat jy hulle nie in hulle volle glorie kon sien nie.) Sal bietjie uitvind our goudvissies ook. In my swembad het ek paradise fish - hulle smul te heerlik aan die alge en werk baie goed vir my. Hulle eet nie plante nie. Dis nou die ouens wat ons nie wil he nie.
Dankie Evette! Boer maak mos ‘n plan:) Myne het my ook grensloos irriteer met al die krag wat hy vreet, water wat hy opslurp en dan boonop die chemikalie wat ek in alle opsigte in my lewe vermei. Om nie te praat van die kreepy crawly wat meer vashaak as wat hy suig. Ek het natuurlike massas bome en blare vir Afrika wat ook van swem hou. Nou is dit die middelpunt van my natuurlewe. Die pompie se water wat pal loop klink rustig. Ek lief die naaldekokers - wat ‘n teken is van suiwer water, by the way. Hulle is glo BAIE fussy. So ek voel opreg bevoorreg wanneer hulle kom kuier. Hierdie eiland is nou lig en maklik om te stuur. Laat weet as jy een benodig. Skryf aan my by writers@thegreentimes.co.za
Francois Bakkes says
Is mal oor die omgewingsvriendelike swembad !!!!!!!!!
Dankie Francois! Maak ook so?
Klaas Steyn says
Dagsê Elna,
EK het in die ry die laaste bietjie van die onderhoud op RSG gehoor.
Ons is besig om huis te bou en die rioolering word so beplan dat ons al die ”gryswater’ kan gebruik en net die toilet en kombuis water in die septiese tenk ingaan, wat dan uitgepomp word. Ek is opsoek na ‘n metode om die gryswater te suiwer sodat dit in die fynbostuin kan uitloop (dammetjie na stroompie?).
Fynbos is baie gevoelig vir chemikalieë soos fosfate wat in seep is.
Ek hoor graag van jou.
Groete,
Klaas Steyn
Wim van Vliet says
Hi Elma, Ek sou graag jou telefoonnommer wil kry sodat ek “heart to heart” met jou kan praat en ‘n bestelling plaas. Ek sou bv wil weet as mens die eiland by jou bestel, kom dit kompleet met vissies en al. My swembad is op die oomblik leeg en skoongemaak so hierdie klink vir my na die oplossing. Moet die water nogsteeds gefiltreer word met ‘n swenbadpomp of kan ek maar daarvan vergeet en sodoende ook my elektriese rekening bespaar. Baie vrae, en nog meer. So kan mens jou kontak.
Wim van Vliet
Andries Coetzee says
Wonderlikke plan wat jy daar beet het Elma. Het ook op jou praaitjie afgekom noudie dag op RSG. Moet se dis ‘n jammerte dat natuurlike swembaddens nie so baie aftrek kry soos die chloor weergawe in Suid Afrika nie.
Hierdie soort swembaddens is baie meer bekend in Europa. Het al selfs gesien hoe mense water direk drink uit so ‘n gevestigde swembad. Ek het ook al gehoor dat asma gekoppel kan word aan blootstelling met ge-chlorineerde swembad water by kinders, weet nie.
Ek het al mense se huis opgepas met n sout swembad, en dis ‘n helse klomp moeite om hom skoon te hou. Heeltyd blaare uitskep, stokkies en blaare uit die sif mandjies haal, backwash, rinse, kloor ingooi, water pH en kloor meet, ens. As ek dit met ons visdammetjie vergelyk is dit baie meer eenvoudig.
Ek het nog altyd van akwariums en visdamme gehou, so dis waar my passie le. Het ook later begin leer van akwaponika en natuurlike swembaddens. In die visdam en koi befryf word dit n “veggie” filter genoem. n Filter area word gebou met akwatiese of moeras plante en dan word die water daardeur gesirkuleer. As die filter groot genoeg, en die plante genoeg is dan word al die nitraate uit die water absorbeer om in plante groei verander te word. Op die oomblik het ons goudvis dammetjie cannas, palmiet, sambreel riet, aarons kelk en olifants oore in die “veggie filter”. Ek het ook al n projek gesien eenkeer op 50/50 waar ssortgelyke dreiwende eilande geskep word met sambreel riet (Cyperus) om een van ons groot besoedelde damme te help rehabiliteer.
Ek weet die algemeene reel by natuurlike swembaddens is dat die groen area gelykstaande moet wees aan die swem area se oppervlakte, maar meeste mense wat will omskakel vanaf n gevestigde kloor swembad het dalk nie die spasie nie, so daardie drywende tuine is n goeie lae koste oplossing.
Ek wil ook se dat selfs sonder vissies in die dam hoef n mens nie te bekommer oor muskiete nie, veral as daar bewegende water is. Daar is soveel predatoriese insekte in en om so n akwatiese sisteem dat geen muskiet larwe dit sal oorleef nie. Ek het dit al self gesien by ‘n vlak dammetjie by ander mense se tuin. Daar was duikende kewers en hul predatoriese larwes, waterlopertjies, waterhondjies, rugswemmers, naaldekoker larwes, waterjuffer larwes en padda vissies, maar geen muskiet larwes.
Ek het gehoor jy praat van kurpers byvoeg, beplan jy om hulle te voer of net van insekte, slakkies en die alge te laat lewe ? As jy hulle gaan voer sal dit dalk wys wees om die persentasie water wat jy vir die tuin gebruik vanaf die swembad te verhoog, aangesien daar n toevoegging van nutriente gaan wees aan die sisteem.
Ek weet ook nie water spesie van kurper jy beplan om aan te hou nie, maar onthou dat meeste van hulle baie plant materiaal in hulle dieet kan insluit, so miskien sal dit dalk nodig wees om plastiek gaas aan die buite rante van die eilande te span aan die onderkant sodat hulle nie die wortels opvreet nie. Ek weet byvoorbeeld uit ervaring dat blou kurpers lief is vir patat blare.
Geniet jou somer in die swembad/groente tuin !
hallo Andries,dankie vir die mooi lang en interessante brief. Ek het sommer baie by jou geleer, veral die lieflike Afrikaanse woorde. (My taal is erg verroes na 40 jaar met Engels as huistaal, maar so lekker om dit weer uit die ou breinargiewe op te diep.) My swembad was ook in sy vorige lewe ‘n soutwater een. En ja die omskep buitendien in chloor en die gasse is gewis skadelik. Die visse wat ek beplan om volgende by te voeg is Mosambiekse tilapia. Volgens my begrip sal hulle nie my plante eet nie, maar ek mag ook verkeerd wees. Ook nie my bestaande paradysvissies nie. Die is wel nodig om die einland se plante te voer. My eerste eiland het wonderlik welig so gegroei en was beplant met semi-waterplante. Die tilapia moet maar leef op die alge, dis immers hulle werk. Ek hoop om hulle nie te moet voer nie, maar mens leer maar so gaandeweg. Die natuur is my onderwyser en ek geniet dit om dop te hou en kreatief te reageer. Tans het ek ‘n kombinasie van die nuwe drywende eilande met kosplantjies en die vleiland vol waterplante - en natuurlik die lelies op die trappies. Die eerste eiland is sommer in my vleiland opgeneem. So die water sirkuleer lekker. Ek skep soggens met die emmer water vir my 20+ verskillende vrugte en neutebome. Hulle moet maar beurte neem, want water is vir my heilig. Soms roer ek bietjie hoendermis van my hoenders se huis daarby in. Ek het heelwat ander knap plannetjies, maar ek sal hulle eerder geleidelik deel, voordat julle dink ek is darem te snaaks. Laat hoor weer van jou.
hi Wim, ons kan telefonies gesels by 0218550518. Ek is paar dae weg om opleiding te gaan gee in Johannesburg. Die eilande is hetsy sonder of met plante. Met plante is natuurlik net moontlik as jy naby die Kaap is en ons dit nie te hoef courier nie. In daardie geval moet jy self plant, maar dit sal met intruksies kom. Weereens as jy naby genoeg is kan ek vir jou paradysvissies gee uit my swembad. Het miljuisende, hoor! Hulle teel sommer vinnig aan en werk soos ‘n bom. Hulle voer nie alleenlik die eiland se plante nie, maar vreet ook die alge, so hou die bad skoon. My swembadpomp is van vanjaar af af - halleluja! Die ou energiesuier staan botstil en verroes. Ek het ‘n klein pompie wat die water tans sirkuleer deur my vleiland. Toe ek nognie ‘n vleiland gegrawe het nie, en net een eiland gehad het, het ek wel my pomp nog laat loop, maar baie minder. Omtrent helfte van die tyd. (met die chlorinator af, natuurlik). Hoe meer vrae ek hier hanteer, hoe beter, want dan kry meer mense die inligting. Hoor weer van jou.
hi Klaas, hier praat ons nou van hele paar goed.
1) Toilet - hier kan jy gerus kyk na ‘n ‘biodigester’ Dit beteken die rioolwater gaan na ‘n tenk in die grond, waar dit ontbind en die gasse word opgevang en met ‘n pypie na jou kombuis gelei. Nou het jy sommer gratis gas vir kosmaak. Hy voer eenvoudig jou gasstoof. Maak soveel sin en vervang die LPG gas wat alhoe duurder word en trouens ook ‘n fossielbrandstof is. As ek jy is sou ek beslis hierdie roete volg. Maak sin?
2) Gryswater - mense kry verskillende stelsels na gelang van jou sak. Goekoper is ‘n basiese tenk met baie basies filtrasie. Goed genoeg vir ons mense wat nie fosfate gebruik nie. Of ‘n duurder een met fancy filtrasiestelsel.
3) Skoonmaakmiddels ens - as jy nognie gedoen het nie is dit nou tyd om beslis die chemiese skoonmaakmiddels te groet. Daar is seker al 20 reekse eko vriendelik skoonmaakmiddels op die mark beskikbaar. Ja, waarskynlik nie by jou plaaslike supermark nie - kla asb by hulle weekliks daaroor. Dan sal hulle dit waarskynlik begin aanhou. So nie vind jy hulle aanlyn, bestel en hulle courier dit vir jou. Baie maklik. Of by gesondheidswinkels. Dit sluit natuurlik persoonlike skoonmaakmiddels ook in - shampoos en velsorgmiddels ens. Gebruik net vriendelike produkte te kry by gesondheidswinkels en aanlyn. Jou gesondheid sal jou bedank soos jy die chemiese las op jou lyf verminder. Nou is jy en tuin happy:) Fosfate en ander lelike goggas is uit vir mense en plante. Klink na ‘n heerlike projek! Geniet en bou sommer die huis op ‘n groen manier ook. Laat weet hoe dit gaan.
Suzie Jordaan says
fantasties,kan ek dit self bou?
Susanne Karcher says
Hi Elma. My head is spinning about the possibilities. Only yesterday I heard the latest water testing results for Zeekoevlei from the CoCT Scientific Services report that is shared with us residents. Our water was never cleaner. E Coli- 3 in 100 ml close to the Yacht Club which is a FANTASTIC improvement from past results and it can be attributed to the tireless work of NGOs such as the Friends of Zeekoevlei and Rondevlei (FoZR) who continue to put pressure on the City already managing that we have now a cut-off drain so the Treatment Plant does not leach into the vlei anymore. Also the strongly polluted stormwater from the Lotus River is now diverted to the Cape Flates WWTP. I would absolutely love to testdrive one of those edible islands in my home-bay- I live directly ON the water there. See how it benefits the surrounding nature and vice versa. Grow some veggies and provide you with regular feedback and photos…
Best
Susanne
Dia KLEYNHANS says
HI, Ek voel nou bepaald verlore en het jou aanbieding op RSG misgeloop. { Die politiek en die nuus ontstel my so dat ek liewer die radio afskakel en lees…. nou het ek baie misgeloop. Hoe kan ek opvang?
Die Universiteit van Stellenbosch doen heelwat in verband met wat hulle noem, dink ek, akwaponika, waar plante en diere saam gebruik word.
Mnr Stander by hbs@sun.ac.za sal informasie hieromtrent kan gee. Hy hanteer USB se visplaas en bied ook ‘n kurses aan oor akwaponika.
Ek sal baie graag meer wil weet oor gryswater suiwering, bestaan daar nie ‘n boek wat mens kan koop nie?
Dia